Monday, August 20, 2007

Yamaha Grizzly 700FI

‘n Beer in Beer klere.

Hierdie is nie net nog ‘n vierwiel motorfiets nie. As ek hierdie vierwiel motorfiets moet beskryf in ‘n paar woorde sou ek verrassing en ongelooflik ‘n paar keer gebruik. Met eerste oog opslag kan jy sien hier is iets anders as die speel speel vierwiel motorfietse wat mense irriteer op Sondag middae.

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Eerste indrukke -Eerste ding wat jy sien is hoe groot die fiets is. Dis ook duidelik dat hy veeldoelig is. Daar is oral rakke en gaaitjies waar jy goed kan vasmaak of bere. Hierdie voetuig is ideaal om te gaan kamp, verken, jag, boer, visvang, watookal. Daar is selfs ‘n kragpunt om jou matras mee op te blaas!

As jy op hom sit kan jy sommer dadelik voel hy is duidelik in ‘n ander klas. Die elektroniese instrumentpaneel is lekker groot en wys vir jou of jy in 4x4 is, hoeveel petrol jy het, ens. Dis ‘n moderne voertuig met moderne tegnologie. Petrol inspuiting, onafhanklike vering, ewenaar slot, noem maar op. Ja, hierdie is ‘n ernstige voertuig. Maar genoeg lofliedere. Hoe ry hy?

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Gemaklik, Doeltreffend - Op so groot vierwiel motorfiets verwag jy dat hy lomp gaan wees en veral swaar gaan draai. Dis nie die geval hier nie. Die Grizzly ry heel gemaklik. As jy dan gaan oplees kom jy agter dat hierdie fiets spog met die eerste kragstuur op ‘n vierwiel motorfiets. Dit, saam met die onafhanklike vering maak hom ‘n plesier om te bestuur.

As ‘n viertrek voertuig is die Grizzly ‘n baie voortreflike masjien. Daar sal min plekke wees waar die Grizzly nie kan ry nie. Dis die gewig en kraglewering verhouding wat hom so bevoordeel. Ek wou graag die fiets regtig toets, maar oral waar ek moes deurry was kinderspeletjies. Op, af, modder, sand, noem maar op. Ek het lag-lag by twee wel bekende fabrikaat 4x4’s verby gery. Hulle sit toe al amper vir 2 ure vas…

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Veelsydig - Verkoop syfers van die sogenaamde sport vierwiel fietse neem nou al ‘n geruime tyd af. Die veeldoelige segment toon egter steeds groei. Meer en meer mense kom agter dat, tensy jy regtig gaan kompiteer, die veeldoelige fietse meer pret kan wees. Hulle is gemaklik en uiters maklik om te ry. Jy durf moeilike pad toestande met selfvertroue aan en maak kinderspelletjies daarvan. Hulle raas ook nie so verskriklik dat elke persoon by wie jy verby ry jou nek wil omdraai nie. Verder is hulle ontsettend veelsydig. Jy kry ‘n hele reeks bybehore vir die fietse (wat selfs insluit geweer houers, waentjies ens.) en jy kan hom regtig inrig volgens jou behoeftes.

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Kies een! - Met die nuwe fokus op die meerdoelige segment van die vierwiel mark het Yamaha raakgevat met hulle reeks vierwiel motorfietse. Daar is nege modelle om van te kies wat wissel van die Grizzly 80 tot hierdie vlagskip Grizzly 700FI. Die Grizzly 700FI verkoop vir R 79 995 en glo my, hy sal jou nie teleurstel nie.

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Bike supplied by Loerie Yamaha

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket
Grizzly 700FI Tech Specs





Share/Save/Bookmark
.

1 comment:

Anonymous said...

Thanks for writing this.