Sunday, February 28, 2010

Melton Wold

.

Die volgende oggend word ons wakker onder die pot blou Karoo lug. Mens slaap net lekkerder in die vars lug van die rustige Karoo.

Gryph se band het die vorige dag besluit genoeg is genoeg, alhoewel hy darem tot by die kampeer terrein gehou het! Terwyl die Landy in elk geval in Beaufort Wes was het ons gevra dat hulle sommer ook vir hom 'n agterband saambring. Snaaks genoeg kon hulle nie 'n motorfiets agterband in Beaufort Wes kry nie, maar 'n barmhartige samaritaan het darem 'n tweedehandse band gratis aangebied om uit te help.

Die band moes natuurlik nou vanoggend opgesit word:



En terwyl die manne met die band sukkel gebruik ek die geleentheid om Melton Wold so bietjie beter deur te kyk. Wat 'n fantastiese plek!



Daai band was skaars op, toe hoor Gryph daai gevreesde geluid... En daar blaas daai wiel weer af. In die opsit proses is die tube geknyp. Gelukkig het ek ook 'n spaar saamgebring. So dis weer wiel afhaal.

Die res van Melton Wold - Hoof huis:



Lekker braai geriewe:



Groot kampeer terrein!



En dis waar mens hulle kry:


Sien Groter Kaart

Ek kan hierdie plek hoogs aanbeveel en Melton Wold sal ons definitief weer sien




.

No comments: