Thursday, August 2, 2007

Honda XL650V TransAlp

.

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Honda se veelsydige XL650V TransAlp.

Om in die Tuinroete te bly is ‘n baie groot voorreg. Die area word nie verniet Eden genoem nie. Dis net jammer dat so baie mense met die daaglikse gejaag nie die area werklik sien en verken nie. Dis veral wanneer jy van die hoofpaaie afdraai wat die Tuinroete tot sy reg kom.

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Daar is natuurlik ook nie beter manier om jou omgewing te beleef as op ‘n motorfiets nie. Dit is ‘n sensoriese ervaring – jy voel die son op jou vel, jy kry skielik kouer as jy deur ‘n vallei ry en dan weer warm anderkant uit. Jy ruik die grond as dit reen. Jy sien ons ongelooflike omgewing.

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Iets van als

As jy ‘n motorfiets wil he waarmee jy elke dag werk toe kan ry, die lang pad mee kan vat, maar ook van die hoofpad wil afdraai en die grondpaaie vat, dan is die Honda XL650V TransAlp net die fiets. Dis ‘n mooi motorfiets met pragtige stillering en wind beskerming, maar daar is ook dinge wat die meerdoelige funksie van die fiets verklap. Hy het ‘n lekker groot wiele (21” voorwiel) met speke wat die klippe en slote wat in ‘n grondpad mag opduik kinderspeletjies maak.

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Op teer ry die fiets gemaklik en in die draaie kom jy agter dat hy wel baie van sy padfiets boeties se padhouvermoe ge-erf het. Op die snelweg handhaaf hy hom goed en die topspoed is genoeg om jou in groot moeilikheid te kry.

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Jy kom ook dadelik agter as jy van die teer afdraai dat hierdie fiets ewe gemaklik op die grondpad is. Daar is goeie kraglewing van die twee silinder masjien wat die fiets eweredig laat trek deur die toere. As 'n bonus lewer die enjin ook baie bruikbare wringkrag vanaf lae omwentlings. Dit is belangrik as die pad 'n bietjie rowwer raak om beheer oor die fiets te hê teen lae spoed. Hy is goed gebalanseer en het ‘n gemaklike sitplek en lekker regop ry posisie. Honda het nog altyd gestreef om rygemak en werkverrigting bymekaar uit te bring. Kyk byvoorbeeld na die CBR1100xx Blackbird - 'n baie goeie verhouding tussen die verrigting van 'n superfiets, maar nog steeds gemaklik genoeg om die lang pad mee te vat. Die Transalp is merkbaar vanuit dieselfde ontwerp filosofie gebore.

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Waarheen volgende?

Natuurlik is daar pad fietse wat vinniger is, maar waar hulle moet stop hou jy net aan. In hierdie pragtige area waarin ons bly is dit seker die grootste voordeel. Jy kan werklik die Tuinroete en Klein Karoo bewonder. Binne ‘n paar honderd kilometer van George kan jy woude, verskeie historiese passe, klowe, strande en asemrowende roetes ry. Al wat nodig is is dat jy jou been oor die sitplek moet gooi en die avontuur kan begin… Moet ook nie die fiets onderskat nie. Of dit nou Baviaanskloof, Attakwaskloof of Gamkaskloof is, of dit nou nat of droog is, hierdie fiets sal jou gemaklik daar kry, terwyl jy nog steeds Maandag met 'n glimlag die verkeer kantoor toe sal kan aandurf sonder enige probleme.

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket


Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Honda markleier.

Die Association of Motorcycle Importers and Distributors (AMID) het onlangs die motorfiets verkoop syfers vir die eerste helfte van 2007 bekend gemaak. Dit wys ‘n dramatiese verhoging in die mark aandeel wat Honda geniet. Honda het ‘n allermintige 34% markaandeel in die 2-wiel segment. Dit bleik dat die almene publiek saamstem dat Honda wenner produkte het. Teen R63 800 is die XL650V TransAlp vir seker een van hulle.

Photo Sharing and Video Hosting at Photobucket

Tech Specs here & here.

This article apeared in the South Cape Motoring Guide of the George Herold on 10 August 2007

Bike supplied by Honda Wing George





Share/Save/Bookmark
.

No comments: