Monday, February 15, 2010

Jakhalsdans

.

Update: The trip was a huge success!

Full Report here.



This page is in Afrikaans as the trip will be about Afrikaans culture.

Fully booked!!!

Die bekroonde skrywer, Deon Meyer, het 'n draaiboek geskryf, Jakhalsdans. Die rolprent is op Loxton verfilm met Theuns Jordaan, Elizma Theron, en Niel Sandilands in die hoofrolle. Die première van die film is op 27 Februarie op die plaas Jakhalsdans, onder die sterre!

Loxton hoop om 400 mense vir die vertoning daar te kry. Kaartjie verkope sal bydra tot die skool en die kinders se toekoms. Ons het 10 kaartjies laat uithou vir ons groepie so plek is beperk. Spring nou as jy wil saamgaan!

Ons gaan 'n heerlike sirkel roete ry. Hier is 'n geleentheid om bietjie verder uit ons omgewing weg te kom en nuwe paaie te verken.

Koste: R280 per persoon.

Dit sluit in:
  • Toegang tot die vertoning.
  • 'n "Movie box" met versnaperinge vir tydens die vertoning.
  • Kamp plek by Mountain World.
Die geld vir die vertoning gaan vir 'n goeie doel (sien hier). Kom saam en maak 'n verskil.


Wat bring jy saam?
  • Tent en slaapgoed.
  • Eet en drinkgoed.
  • Al die gewone wat jy sou saamneem as jy op 'n lekker trippie gaan.

Daar is ook plek beskikbaar in 'n B&B as jy (of jou vrou) nie wil kamp nie. Kontak my by trailrider@vodamail.co.za vir meer besonderhede.

Ons het net 10 plekke beskikbaar.

Let wel: Die gelde moet teen Vrydag 19 Februarie oorbetaal word.



Bietjie meer oor Jakhalsdans:



'Jakhalsdans' is die naam van die romantiese komedie wat verlede jaar op Loxton verfilm is, met Theuns Jordaan, Elizma Theron, Christina Storm en Neil Sandilands in die hoofrolle.

En hoewel dit eers in April 2010 in teaters gaan draai, kan jy die wêreld voorspring - en boonop bydra tot die Ek Leef Trust, wat daarop fokus om behoefige kinders op Loxton se lewens te verander.

Theuns, Elizma en draaiboekskrywer Deon Meyer sal die aand daar wees, memorabilia uit die fliek word opgeveil, 'n piekniek-ete word verskaf (en kinders is welkom).


Deon Meyer:

"Jakhalsdans is 'n regte Karooplaas net buite Loxton. Ek het die voorreg gehad om onder meer 'n motorfietsbyeenkoms daar te hou en die mense, Nicola en Linda van der Westhuizen, te leer ken. Een van die hoogtepunte in die fliek speel daar af. En, terloops, die plaas se naam word regtig só gespel. Ons het in Julie 2005 ‘n wonderlike konsert by die Volksbladfees in Bloemfontein bygewoon, waar Valiant Swart, Koos Kombuis, David Kramer, Gert Vlok Nel en Theuns Jordaan saam opgetree het.

Ek vermoed dit was juis die aweregse kombinasie van kunstenaars wat dit so ‘n heerlike ervaring gemaak het, en veral Theuns en David se samespel en -sang het my aan die dink gesit. Hulle musiek en optreestyle is baie kontrasterend, maar saam was hulle fenomenaal.

Ek en Anita het die volgende dag met die motor teruggery Kaap toe, en ek het bly wonder hoe ‘n mens die lekkerte van die konsert in storievorm kon omskep. Oor die raps meer as ‘n duisend kilometer het die verhaal ontwikkel, en ek het tóé al besef dit sal nie ‘n kortverhaal of roman kan wees nie, maar ‘n fliekdraaiboek.


Volledige onderhoud oor die film hier. Amptelike voorprent hier.


http://www.loxton.org.za/nuus/nuus.html

Ten bate van Loxton se kinders!

As jy meer wil weet oor waarheen die opbrengs van dié spesiale geleentheid sal gaan, lees gerus meer oor die 'Ek Lewe Trust' hier.






Share/Save/Bookmark

.

No comments: