Tuesday, February 1, 2011

Beesblasie se trip

.
(Beesblasie's report is in Afrikaans only. I considered translating it, but his unique way of writing is totally destroyed in translation. Apologies to the International readers - TR)


Hallo almal

My naam is Marlouw ook bekend as Beesblasie en ek is 9 jaar oud
My Pa noem my soms so
Laas week Maandag sê my Pa vir my: “Ons gaan Hel toe”
Ek sê toe maar ons gaan mos Hemel toe, die Hel is mos vir sondaars
Na my Pa aan my verduidelik het van Gamkaskloof en die Hel, was ek so opgewonde dat ek nie kon slaap nie
Ek het elke oggend gevra of ons al more gaan ry
Ek kon teen Vrydag al my sak pak en alles reg kry vir Saterdagoggend
Ek het my tandeborsel, kouse en onderbroek gepak asook my kopflitsie
My Ma het Milo bars, neute en sjokolade balletjies gekoop
Saterdagoggend 6 uur het ons gery tot by oom ROV-rat hulle, my Ma was hartseer en het gehuil





My Pa en die oom het die motorfietse op die sleepwa en bakkie gelaai





Toe kon die rit begin
By Riviersonderend het ons gestop vir ete, maar ek was te opgewonde om iets te eet



Net koffie bestel, my Pa het ‘n melkskommel gedrink



Na ete het ons die lang pad Calitzdorp toe aangepak en speletjies in die bakkie gespeel
Krieket met karre en as ‘n motorfiets verbykom is jy uit
Ons kinders het lekker gelag



By Calitzdorp het my Pa-hulle die motorfietse afgelaai en ons kinders het eers playstation  en pool gespeel





Toe vat ons die grondpad
Op pad het ons eers by die riviertjie gestop en water oor ons koppe en hemde gegooi om af te koel
Die oom het sy maag so ver ingetrek, sy broek het amper afgegly





Dit was al klaar Hel warm gewees en ons was toe nog ver van die Hel af gewees
Ons is op die Swartbergpas op tot by die Top







Die wind was nogal koud gewees hier
Toe is ons weer af tot by die afdraai pad



My Pa het kort-kort gestop en vir my water gegee om te drink en van die neute gegee, maar die sjokolade balletjies was gesmelt van die hitte
Ons het baie lekker op die grondpaaie gery en het die hele tyd agter die ander gery om seker  te maak hulle was veilig







Die stof was partykeer nogal erg
Ons is twee keer deur water ook
Toe het ons uiteindelik by die Hel uitgekom



Dis nogal hoog daar van bo af
Ons het stadig teen die berg afgery tot by die grasdak winkel



Hier het ek lekker yskoue Coke en ‘n pakkie chips gekry



My Pa-hulle het lekker koue bier gedrink
Ons is toe na die huisie toe en daar was ‘n lekker swembadjie met paddas in



Ons het lekker geswem en baljaar



My Pa-hulle het vuur gemaak en ons het by die vlamme gestaan om droog te word



My Pa-hulle het vir ons lekker wors gebraai
Ons het baie oor motorfietse gepraat onder mekaar en ek dink dis tyd dat my Pa vir my ook een koop
Teen die tyd wat dit donker begin word het was daar ‘n eend gewees
Dit was toe al die tyd ‘n klein paddatjie wat soos ‘n eend maak
Dit was nogal snaaks gewees
Ons kinders het toe bed gaan maak bo in die een kamer
Daar was ‘n spinnekop gewees waarvoor ons nogal bang was
Ons was almal baie vinnig in droomland nadat ons bed toe is
Ek weet nie hoe laat dit was nie
Ek het lekker geslaap, ek dink ek was moeg gewees
Die volgende oggend het ons opgestaan en my Pa het vir my boksie pap gegee met warm Milo



Ek was nie baie honger nie, en lus om motorfiets te ry
Ek het op een van die klein motorfietse gery, maar dit was maar moeilik, dis hoekom ek ook een wil kry om te kan leer ry





Ons het toe gery en my Pa het by die Gamka rivier gestop en fotos geneem
Die water was nogal bruin van die modder



Ons was nou amper uit die Hel uit



Ons is toe teen die pas op tot bo die Hel vanwaar ons afgekyk het waar ons was
Dit was nogal mooi



Ons het toe weer begin terugry  op die pad waar ons die vorige dag ingekom het
Ons het by ‘n bruggie gestop en lekker in die yskoue water afgekoel
Die water was regtig koud gewees, maar dit was lekker na die tyd, want dit het weer begin warm word



Ons is weer teen die Swartbergpas af tot waar ons oom Trailrider en Paddaman gegroet het





Ons is weer agter oom ROV-Rat aan tot by Calitzdorp
My Pa het langs die pad gestop en die klein volstruise afgeneem , hulle was nogal oulik gewees



Dit was weer warm en die groot volstruise het so oop bek gestaan
Terug in Calitzdorp het ons lekker middag ete gehad met ‘n milkshake die keer, my Pa het Cream Soda gedrink
Hulle het weer die motorfietse gelaai en ons is terug Hermanus toe
Die pad was lank en warm
Op Ladismith het ons lekker roomys gekoop en ek het Pepsi saamgevat
Weer het ons speletjies in die bakkie gespeel, krieket en woord speletjies
Ons het die reels verander dat ‘n VW jou uitmaak
Dit was pret en ons het lekker gelag
Daar is baie VW’s op die pad
In Hermanus het ons die motorfietse afgelaai en is huis toe, ons was lekker vol stof gewees



Ek was vrek honger gewees en my Ma het lekker kos gemaak
My Ouma en Oupa het my ook kom verwelkom, dit was lekker gewees
Hierdie rit was baie lekker gewees
My Pa get gesê dat hy my Ma Hel toe gaan vat, maar ek het gesê dat ek eerder weer sal saamgaan
Ek het dit baie geniet maar ek was moeg gewees
My Pa sê dit was ‘n Hel-se trip gewees, en dis perfek my woorde ook
Dankie aan die maats en die ooms, dit was Hel-se lekker gewees
Askuus as ek te veel geskryf het, eintlik wil ek nog meer sê, maar sal net baie dankie sê








.

2 comments:

Anonymous said...

Beesblasie, dankie vir 'n bakgat ride report! Dit was Hel-se lekker om te lees ook! ;-) Groete, Smiley vanuit New Zealand

Anonymous said...

baie interessant, dankie