Saturday, March 6, 2010

Loxton? Waaas dit???

Die bekroonde skrywer, Deon Meyer, het 'n draaiboek geskryf, Jakhalsdans. Die rolprent is op Loxton verfilm met Theuns Jordaan, Elizma Theron en Niel Sandilands in die hoofrolle. Die première van die film was op 27 Februarie op die plaas Jakhalsdans, onder die sterre!

Nou Loxton en omgewing is al mooi genoeg om te besoek en te verken sonder 'n rede, maar toe hierdie kans verby kom het ons dit nie deur ons vingers laat glip nie.

Hierdie is my eerste poging om 'n reis verslag in Afrikaans te doen en ek wil uit die staanspoor sê dat ek nie 'n taal puris is nie. Dus sal hier woorde soos "bikes" en "bikers" (o.a.) gebruik word sonder om te blik of te bloos. Dis nie 'n tesis die nie - net 'n skrywe waarin ek van ons ervarings en wedervaringe wil deel op 'n manier wat my pêlle en familie sal verstaan. As ek moet uitval met woorde soos "Dubbeldoel-motorfietsryers" sal driekwart van die bikers nie 'n clue hê waarvan ek praat nie. Dit klink in elk geval te "grênd". Ons is net gewone ouens (en vrouens!) wat weet hoe om ons ysterperde te geniet.

Nou hoekom dubbel werk? Hoekom die verslag skryf in beide Engels en Afrikaans? Wel, meer as die helfte van die besoekers op my blog is internasionale besoekers, so die voertaal sal maar altyd Engels moet wees. Maar hierdie film, area en mense is eie aan Afrikaans en sy kultuur en hierdie Boerseun het net gevoel dat hierdie trippie se storie ook in Afrikaans vertel moet word. Al is dit dan nou nie puriteins Afrikaans nie.

So, (Drum Roll Please!!!) hier is dit - in jou taal:






Deel op Facebook


(Kliek op kaart en zoom in as jy 'n groter roete kaart wil sien)



Jakhalsdans vaar goed op eerste naweek.

Nuwe plaaslike rolprent laat die geld inrol.

‘Jakhalsdans’ vang Sandilands onkant.

Stel ’n nuwe standaard vir Afrikaanse flieks.






Bronne: Loxton; Oewerkonyn; Jakhalsdans; Theuns Jordaan; Hugo



Vreemde Stad

Share of Facebook

No comments: